

MELISSA & JOHAN
18 April

2015
GAAN TROU



DANKIE

Daar is 4 baie spesiale mense vir wie ons graag uitsonderlik dankie wil sê, want sonder julle sal ons Groot Dag nie moontlik wees nie


André & Liza Van Der Merwe
My liefste Mamma & Pappa
So kom die dae nader dat een van grootste drome waar word, om met die man van my drome te trou. Dan is dit tyd om van 'n Van Der Merwe na 'n Breedt te verander, en ook om self later 'n gesin van ons eie te begin. Maar niks van hierdie sprokiesverhaal sou moontlik wees sonder julle nie!
Julle is my rots, my lifeline, my vlerke, my "happy place", my trots, my sielkundiges, my life coaches, my beste vriende, my lewe!!!
Dankie vir die absoluut perfekte ouers wat julle is, ek kan nie glo hoe Lucky ek is nie...en ek is julle ewig dankbaar, want julle het my gelei tot waar ek vandag is en die vrou wat ek vandag is!
Dankie vir al die laat aande wiskunde hulp, vir al my hokkie wedstryde wat jul bygewoon het, vir my kleuterskool karate & pom poms wat julle na kom kyk het, vir al my studies wat julle betaal, vir al die awesome verjaarsdag geskenke, die amazing vakansies, die onvergeetlike memories...daar is soveel dankies wat ek vir julle wil sê!
Ek kan nie genoeg dankie sê vir alles wat julle vir ons gedoen het en nogsteeds doen om ons Groot Dag baie spesiaal te maak, van op en af ry vir rokke, die Brady Bunch 'n road trip vat na al die expos, al die gelde waarmee julle ons uithelp, die nuwe idees waarmee julle opkom, en sommer net omdat julle altyd daar is en saam met ons excited is!!
Te danke aan julle, weet ek die 18de April 2015 gaan een van die beste memories wees wat ek viraltyd gaan hou.
Ek bid dat my en Johan se huwelik sal wees soos julle s'n, vol liefde, vreugde, vertroue, eindelose laggies en laf-wees oomlikke, ondersteuning.
Julle het my nog altyd laat glo in ware liefde, en dat ek eendag sulke liefde wil vind, en te danke aan die pragtige voorbeeld wat julle nog altyd vir my stel, het ek my prins gekry!!
Ek is ongelooflik baie lief vir julle, soos al die hartkloppe in die heelal, en ek hoop dat ek julle altyd sal trots maak. Julle is my wêreld, my lewe, my rolmodelle!
Mamma: As ek eendag selfs net helfde die vrou is wat mamma is, is ek
oneindiglik dankbaar! Mamma het my nog altyd reg van verkeerd geleer, geleer om liefde bo kwaad te kies, te vergeet en vergewe. Mamma was altyd daar as ek 'n skouer nodig gehad het, wanneer ek nie
alleen iets kan deurmaak nie. Dankie vir al die liefde, die wysheid, vir mamma se ore, ma se goeie hart, dat ma my geleer het dat daar altyd iets beter is wat vir my voorlê. Ek is dankbaar vir die beste mamma wat myne is.
Pappa: Pappa was nog altyd my eerste liefde. Pappa het my laat glo in ware liefde, in respek, in geluk, dat lewe nie altyd so ernstig hoef te wees nie. Dankie dat dad my altyd maak lag, aan my sy loop wanneer ek nie die pad alleen kan loop nie, dat ek moet opstaan vir myself, en dat ek in myself moet glo. Ek is dankbaar vir die beste pappa wat myne is. Johan het groot skoene om te vul.
Ek het dalk my prins gekry, maar Dad sal altyd my koning bly!
Dankie dat julle Johan met ope arms in verwelkom het in julle harte, en julle deel van die familie maak, en soos jul eie kind behandel en lief het.
Ek sal altyd julle klein poppie bly
xox0x


![]() IMG_8639.JPG |
---|
![]() 2013-05-12 10.39.37.jpg |
![]() 2013-05-12 10.07.59.jpg |
![]() 2012-08-01 18.56.18.jpg |
![]() 2012-08-01 18.55.24.jpg |
![]() DSC06394.JPG |
![]() DSC06196.JPG |
![]() DSC06195.JPG |
![]() DSC00611.JPG |
![]() DSC00609.JPG |
![]() DSC00603.JPG |
![]() 2013-05-12 10.39.37.jpg |
![]() 2013-05-12 10.07.59.jpg |
![]() DSCF5216.JPG |
![]() DSCF5037.JPG |
![]() DSCF4734.JPG |
![]() DSCF4181.JPG |
![]() DSCF3346.JPG |
![]() IMG_0161.jpg |
![]() IMG_0147.jpg |
![]() IMG_0163.jpg |
![]() IMG_0144.jpg |
![]() IM000899.JPG |
![]() IM000881.JPG |
![]() Mv-004f.jpg |
![]() IM000878.JPG |
![]() IM000879.JPG |
![]() DSCF5250.JPG |
![]() IMG_0381.jpg |
![]() IMG_0300.jpg |
![]() IMG_0249.jpg |
![]() IMG_7644.JPG |
![]() IMG_0938.jpg |
![]() IMG_0725.jpg |
![]() IMG_0781.jpg |
![]() Mv-012f.jpg |
Johan & Nicky Breedt

My Liewe Ouers
Ek het lank gesit en dink oor wat om in die brief te se
Dankie dat julle my groot gemaak het in die man wat ek vandag is en ek weet ek sal altyd julle klein seuntjie bly
Pa ek wil vir pa se vandat ek my oë op pa kon lê was pa vir my die mooiste, beste pa in die hele wêreld, my rolmodel in die lewe.
Ek dank God dat pa vandag nog vir my gespaar is.
Dankie Pa vir al pa se liefde, die voorbeeld wat pa vir my gestel het
Dankie vir al die hulp, liefde en bystand my hele lewe deur.
Dankie vir al die kere wat pa my terreggewys het waar ek foute gemaak het of wou maak, en al wou ek dit nie toe insien nie, weereens was pa reg.
Dankie dat pa my geleer het van “The one who angers you, controls you”. Dankie dat pa altyd n baie goeie voorbeeld was en nogsteeds is, om my te wys hoe om n vrou reg te behandel en lief te hê
Dankie dat pa my pa en my held is
Ma ek wil vir ma sê baie dankie dat ma die wonderlikste ma is in die wereld, en dankie vir wie ek is
Ma het my van kleins af geleer om liefdevol en eerlik te wees, ma was nog altyd daar vir my as ek ma nodig gehad het of n skouer wou hê om op te huil.
Ma het my geleer maak nie saak hoe donker vandag is nie, more as my oë oopgaan skyn die son weer, dankie daarvoor moeder
Ma het my geleer om n vrou op my hande te dra en nie om haar te prorbeer verstaan nie, maar om haar oneindiglik lief te hê
Ma luister altyd en help waar ma kan, gee raad al wil ons dit nie altyd aanvaar nie.
Ma is wat enige kind se hart begeer, niks is ooit te veel moeite vir ma nie, ma bederf my met net een glimlag, ‘n glimlag wat n duisend woorde nie kan beskryf nie. Dankie dat ek altyd in ma se gebede is, dankie
dat ma ma is, niks gekompliseerd nie net die
eenvoud van n ma se liefde.
En nou wil ek vir ma en pa baie dankie se dat julle Melissa vriendelik verwelkom het in julle harte. Dat julle haar aanvaar en lief het soos
julle eie kind.
Ek hoop dat ek n goeie man kan wees soos my pa en dat ons verhouding so goed soos ma en pa se huwelik kan wees. Dankie dat julle altyd daar is vir ons en ons altyd wil help en gelukkig sien.
Ek wil dankie se dat julle die Van Der Merwe gesin deel maak van die Breedt gesin.
Dankie dat julle die 2 wonderlikste ouers is en dat julle altyd daar vir ons is
Liefde
Julle Seun


![]() _MG_5294.JPG |
---|
![]() snapshot_35.jpg |
![]() snapshot_18.jpg |
![]() 1004552_306277146229563_4528796358172207917_n.jpg |
![]() DSCF4991.JPG |
![]() GEDC0119-001.jpg |
![]() snapshot_37.jpg |
![]() DSCF4891.JPG |
![]() DSCF4889.JPG |
![]() snapshot_31.jpg |
![]() DSC00533.JPG |
![]() 10486508_248822271975051_2221664938634181561_n.jpg |
![]() snapshot_23.jpg |
![]() 10411761_248822128641732_874622482108454394_n.jpg |
![]() 294935_142488479275098_360007697_n.jpg |
![]() 250103_2097242744421_5752395_n.jpg |
![]() 10505342_249510405239571_6284455508754466472_n.jpg |
![]() 1.jpg |
![]() snapshot_42.jpg |
![]() 10492059_248822211975057_4847705746070735588_n.jpg |
![]() snapshot_35.jpg |
![]() snapshot_18.jpg |
![]() snapshot_23.jpg |