

MELISSA & JOHAN
18 April

2015
GAAN TROU




ONS STORIE
​Sy Storie
Die Eerste Date
Na 'n maand se gesels is
die 'Eerste Date' gereel,
'n fliek by Carnival City, en natuurlik, 'n Love Story - Mamma Mia, wat tot vandag toe een van ons gunsteling flieks is!
So tydens hierdie date, was my senuwees op, ek was 'n uur vroeg om haar op te tel, maar wou nou nie over eager lyk nie, en sit toe vir 40min in parking lot...Ek was gesê om Melissa 11uur by die huis te hê, en hier het Oom André my nog meer op my senuwees gehad, sy woorde was, "Ek is te jonk om tronk toe te gaan, Koos" (Eks seker dit is waar Koos begin het, want in Melissa se familie is ek gedoop Koos).
My hande sopnat gesweet, en my beursie ook redelik leeg...
Ons albei het eintlik net vir een ding gewag...die eerste soen!
S0 het dit afgeloop:
Melissa se weergawe = Tydens die liedjie "Lay All Your Love On Me" het die tyd aangebreek, dit is DIE MOMENT waarvoor ons wag, dis nou of nooit, die oê is gelock en die atmosfeer is geskep, en musiek is perfek...en, toe soen ons!!! Skoenlappers - Kniee Lam - Verlore - Bekore - Muisneste!!
My weergawe = Ok, let's do this! Hmm lekker...Ok kom ons doen dit weer!
En so het een date, in twee verander, later in drie...en toe, die "SAL JY MY MEISIE WEES"
Sal jy my MEISIE wees...?
So dit sou eintlik die aand voor die tyd gebeur, 17 Oktober 2008, op Melissa se ouma Hanna se verjaarsdag.
Melissa se familie en ek het gaan uiteet by Little Neros
vir haar ouma se verjaarsdag.
My brief was geskryf en speech is voorberei, maar ek kon net nie dit regkry die aand nie, die senuwees was net teveel. So, die volgende aand, 18 Oktober 2007 was dit een van Melissa se vriendinne se 17de verjaarsdag ete, by House Of Ribs
het ons lekker geeet en gekuier, gelag en net geleef in die oomlik...
Ons was na Melissa se huis toe na die ete, die tv aangesit en hoe toevallig (alhoewel Melissa nou nog dink ek het dit beplan) is dit op 'n musiek kanaal, The Love Channel...!
Ons het heel verlief en verlore vir mekaar gestaar...
Ek het vir haar my briefie gegee wat ek seker 10 keer oorgeskryf het
My senuwees was op...dis nou of nooit, sy moet myne wees!
Sy het my brief gelees, gelag omdat haar naam verkeerd gespel het, 'n traan gepik, en in my oê gestaar en maar natuurlik na my charming woorde...Ja gesê om my meisie te wees!!
En dit is toe dat die eerste datum geskep is... 18 Oktober 2007.
Die Ring Proses
Tydens ons naweek
gatskuur na die Mall
toe, het Melissa na ons so
3 en n half jaar saam is, so
elke nou en dan 'n detour
gevat en in 'n juweel winkel
ingestap, en gekyk na al die
mooi ringe wat hulle het.
Een na die ander was aangepas en 'n paar keer het sy gesê : "Boki, DIE is die een, onthou hom"! , dan sou ek glimlag en sê : "Hmm, dis mooi Boki"
En so het dit aangegaan vir so twee maande, waar Melissa instap, 'n ring aanpas en dieselfde woorde sê wat sy gewoonlik sê, en ek sal glimlag, en ook dieselfde woorde sê wat ek gewoonlik sê
Maar eendag was dit bietjie anders....Sy het by American Swiss ingestap, en soos ek by nou al weet was die haar gunsteling winkel, en tussen al die mooi ringe, een ring gesien wat haar stom geslaan het!! Sy is na die ring toe. aangepas, en eers net na Johan gestaar, geen woorde gesê, en op DIE oomlik het ek iets in haar oë gesien wat anders was as al die ander ringe, en hier het ons albei, sonder enige woorde, besef, DIE IS DIE RING!!!!
So tydens 'n weg oudit in September 2012 waar Melissa vir 2 weke in Oos Londen was, het ek die kaans gevat.
Ek het DIE ring gaan koop, en weggesteek waar Melissa hopenlik nie sal kyk of grou nie. So die ring was weggesteek in die kluis, in tannie Liza se onderklere laai, en laastens, in my tas wat gepak is....vir Zanzibar!!
Die Toestemming
So 3 maande voor ons vakansie in Zanzibar, het ek besluit dis tyd om Melissa se ouers se toestemming te vra om met haar te trou. Ek het gereel dat Melissa op 'n girls night gaan sodat ek haar ouers kan vra. Aangesien sushi een van haar ouers se gunsteling kos is, het ek dit gaan koop en gehoop dit maak die gesprek bietjie makliker
As mens se mond vol kos is kan jy mos nie baie praat nie, en so ook gehoop haar ouers eet so lekker dat hul nie nee kan sê nie
Ek het na hul huis toe gegaan, en na lank se hoop opbou, met hulle gesels en gevra of ek met hul enigste kind, hul dogter kan trou...Ek was so nervous dat haar pa vir my sy famous woorde gaan sê 'Not de Flip'... Maar na 'n lekker gesprek, gelag en geluister na voorwaardes en raad, het hulle hul blessing gegee!! Dankie aanstaande skoonma en skoonpa!!!!






Haar Storie
​
Die Ontmoeting:
So ons storie het begin soos meeste afrikaanse mense...by 'n braai!
Op 'n sonnige Saterdag middag in Augustus 2008, het ons oë ontmoet...
Op daardie oomlik was die wêreld tjoepstil, en net ons in die omtrek...Net twee siele wat mekaar op die regte oomlik gevind het
Alhoewel ons nie veel die aand gesels het nie (en Johan nie meeste van die aand kan onthou nie), het ons geweet die is die begin van iets besonders
Een Sondag middag is ek saam met hom en 'n vriend kerk toe genooi...Ek het my netjieste klere aangetrek, hare gedoen, gesig mooi gemaak, die hele toetie. Gehoop ek slaan hom die dag van sy voete af. En so te praat van voete, is dit die eerste kompliment wat hy vir my gee... "Jissie maar jy het mooi voete". Op daardie oomlik het ek nie geweet moet ek lag of moet ek weghol met my mooi voete nie, maar hier het ek besef hy is nie enige gewone oukie nie...
Nie lank daarna is nommers uitgeruil...en die invite op Mxit is gedoen!
Die Intrek
So twee jaar later, besluit ons
dis tyd vir die eerste
GROOT STAP...Die intrek!!
Nou moet ons, twee baie
verskillende , maar tog ewe
hardkoppige, mense probeer
om twee wêrelde na mekaar
toe te bring, en saam 'n nuwe
storie te skryf...
Tydens hierdie intrek proses was daar soveel trane gestort, van blydskap en ook van hartseer
Dit was so moeilik om 20 jaar (in my geval) en 23 jaar (in Johan se geval) te moet oppak en uit die plek neem waar jy veilig voel, soveel memories opgebou het, en waar die belangrikste mense in jou lewe gaan agterbly waneer jy uit is...
Maar ook het ons uitgesien om nuwe memories te maak, om selfstandig te wees, en ons ouers trots te maak dat ons dit kan maak!
Dit was defnintief nie alles maanskyn en rose nie. Om ons twee persoonlikhede nou saam te moet bring en 'n normale huis te vestig was 'n storie en 'n half, en als behalwe normaal
Van my se skoene wat orals lê, tot Johan se leë Kinder Joy pakkies op die kaste, was daar baie irritasies wat ons moes saamleef...maar een geval sal ons nooit vergeet nie...Ons Hoender Storie
So dit was tyd om die aand kos te maak, en ons het albei besluit hoender is op die menu!! Johan besluit hy wil hoender borsies oor die kole gooi, en Melissa wil niks weet nie, sy wil stirfry maak...
Nou kan ons altwee nie wen nie...en ons altwee voel ons idee is die beste!!
Na 'n uur lang struikel, humeure wat dwarsdeur die dak is...wen NIE EEN NIE!!!!!
Ons albei gaan slaap honger, een op die bank en een op die bed..!
Vandag kan ons net lag, en ons eet nou minimaal hoender!! So glo ons dat almal 'n Hoender storie van hul eie het!
Die JA woord
So na 'n 4uur vlug, op die 22ste Desember 2014, is ons uiteindelik hier...In Zanzibar!!!
Die amazingste plek wat ons albei nog gesien het...die blouste waters, die rooiste blomme, die helderste visse
Dit is soos iets wat jy in 'n boek sien...
Ons is na ons kamers toe om ons tasse uit te pak, en koeler aan te trek, en dan, son, see en sand...!
Ons het op die deck area gesit na 'n lekker middagete, en so om en by 3uur is Johan na ons kamer toe, toe hy terugkeur is die hemp af en rugsak op...Hy gee my kamera vir my en sê dis tyd vir 'n Romatic Stroll On The Beach - nou !
Ons is af by die trappe en loop strandlangs tot op 'n plekkie met rotse om op te sit en 'n ou lighuis bo ons en die pragtige blouste waters voor ons...
Johan het hier gerook, en hy het vir een of ander rede in 2minute 'n hele sigaret gerook en net tjoepstil op sy rots gesit. Hy het toe die rugsak afgehaal, so vinnig gegrou en na my toe gestap...
Ek kon trane in sy oë sien, en die bewe in sy hande voel...genade ek dog hy kry n angs aanval!
En hier trek hy my op sodat ek op my voete staan, en soos ek opstaan, het hy afgesak en hy knieel op een knieg....toe besef ek, DIE is die oomlik wat ek my lewe lank al oor droom...
Nog voor hy iets kon sê, huil ons altwee!! Hy het die mooiste woorde gesê!! En toe die woorde uitkom "...Maak my die gelukkigste man in die wêreld, Sal jy met my trou?..."
Natuurlik sê ek: "JA!!!"
Op die oomlik is my opgewondenheid so erg, dat ek eers die verkeerde hand gee!! So al laggend en huilend, vat Johan toe die regte hand, sit die ring aan, en dit pas soos 'n handskoen...PERFEK!!!!
So het ons vakansie begin, en ons NUWE spesiale datum...22 Desember 2012!!
Vonkelwyn is gekoop, gecheers en soene en drukkies is uitgedeel, en hierdie spesiale dag sal viraltyd onthou word!!



